<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tassies is kookwater!

 

Richard Maree (regs) het die beker ontvang vir die beste vangskoot en Llewellyn Bezuidenhout (links) vir die naaste gekolf aan die banier.

Sport : 25 Sep 2014 72 Viewed 0

In September het leerders van Laerskool Unitas se senior  en junior leerders aan ‘n seskant-kriekettoernooi  gaan deelneem wat deur Laerskool Koedoeskop aangebied was.
Afgesien van die feit dat die Tassies die kleinste skool was wat aan die dag deelgeneem het, het die seniors as naaswenners van die toernooi uit die stryd getree. Hulle wen Laerskool Thabazimbi en Laerskool Bosveld en verloor in die finaal teen Laerskool Koedoeskop se eerste span. Hierdie klomp plaas seuntjies het met ware mannemoed gewys wat in hul steek!
Die junior groep het vyfde geëindig. Die junior groep is NJ Zietsman, Hardus Smit, Willem du Preez, Anton du Preez, Niel Smit, Dawie Engelbrecht, Jovan Venter, Tinus van Niekerk en Richard  Maree. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube