<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plaaslike spelers wen Kameeldoring

 

Nicky le Grange en Hans Human, algeheel tweede in die Kameeldoring Gholftoernooi vir 2014. By hulle (in die middel), die gholfklub se kaptein, Shaun McGrath.

Sport : 05 Oct 2014 74 Viewed By Martie Le Grange 0

Die jaarlikse Kameeldoring Gholftoernooi het verlede week oor vier dae gestrek en het vanjaar ’n indrukwekkende 180 gholfspelers opgelewer.
Dié gewilde toernooi het op Woensdag 22 September by die Kameeldoring Buiteklub in Mokopane afgeskop.
Ywerige gholfspelers het mekaar daag-liks van vroegoggend goed opgekeil met een doel voor oë, om die titel van Kameeldoring se algehele toernooi wenners op te raap.
Spelers het ook hulle tande geslyp vir ’n kontantprys as vergoeding op ’n kolhou tydens die toernooi. Geen speler kon dit egter regkry nie.
Sefako Mamabolo en Jacob Phala van Mokopane dra vanjaar die kroon as die Kameeldoring Gholftoernooi se toernooi wenners. Hulle algehele punte is 237.
Kort op hulle hakke met 236 algehele punte is Nicky le Grange en Hans Human. Le Grange en Human is ook van Mokopane.
Algeheel in die derde plek met 229 punte is Andries du Plessis en Belinda Schutte van Polokwane.
Die organiseerders het hulle dank uitgespreek teenoor al die borge wat die
toernooi ondersteun het. Die spelers is ook bedank vir hulle deelname en goeie gees.

 

 

 
 

Jacob Phala  en Sefako Mamabolo as algehele wenners van die Kameeldoring Gholftoernooi en Barloworld verteenwoordiger, Dumisani Mesweni.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube