-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Swemmers van 15 swemklubs en nie-geregistreerde swemmers is uitgenooi om aan die gala deel te neem.
Ellisras Aquatics van Lephalale het 38 medaljes ingepalm (19 goud, 9 silwer en 10 brons) en TUKS Limpopo van Mokopane het ook 38 medaljes losgeswem (4 goud, 14 silwer en 20 brons).
Die Victor en Victrix Ludorum van Laerskool Bosveld en Laerskool Krugerpark het mekaar ook tydens die gala die stryd aangesê, maar die keer vir hul onderskeie swem klubs.
In die afdeling meisies o/11 het Marushka Geyser (Laerskool Bosveld se Senior Victrix Ludorum) en Bernice Laboff (Laerskool Krugerpark se Senior Victrix Ludorum) gesorg vir groot opwinding. Marushka het drie goue medaljes gewen en Bernice twee goues.
In die afdeling Senior Victor Ludorum het GJ Roets en Franco Botha (seuns o/12) mekaar ook meegeding en GJ het een goud en drie silwermedaljes gewen en Franco vier brons medaljes.
Ané Besseling en Leoné van Schalkwyk (Junior Victrix Ludorum vir meisies o/8) het ook nie vir die ander swemmers teruggestaan nie en het in hul onderskeie items telkens onder die eerste drie plekke geëindig.
Die Ellisras Sprint Gala is beslis ‘n moet vir elke swemmer en toeskouer deurdat daar vermaak vir oud en jonk so tussen die swem deur aangebied word. Van “spot” pryse tot danskompetisies.
Swemmers sien nou uit na die Limpopo Skole Kampioenskappe wat plaasvind vanaf 17-19 Oktober 2014.
0 Comments