<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Skole klief deur die water

 

GJ Roets het uitgeblink en 'n derde plek in die 100m vlinderslag, tweede plek saam met die Limpopo aflosspan (200m IM) en 'n eerste plek in die 200m vryslag. Roets kwalifiseer ook om die Limpopo Skole span wat 10-15 Desember aan die SA Skol ekamprioenskappe in Hillcrest Pretoria deel te neem.

Sport : 30 Oct 2014 75 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die Limpopo Junior swemspan het verlede naweek aan die Junior NTS Inter-provinsiale Gala by die Hillcrest swembad in Pretoria deelgeneem.
Die Junior swemmers (ouderdomme 10 & o, 11, 12 & 13) van Limpopo het algeheel derde geeïndig. Central Gauteng Aquatics het die eerste plek voor die neuse van Northern Tigers Swimming weggeraap met ‘n skamele 19 punte.
Die Limpopo Junior swemmers (wat elk tot twee items per swemmer beperk is) het medaljes huis toe gebring: Karla Grobler (brons), G.J. Roets (brons), Kirstin Lottering (twee goud).
In die aflosse het die Limpopo span drie brons, een silwer en 'n goud gewen. Die seuns 12 jaar (Canseus E Saayman, Franco A Botha, Ruan Hanaczeck-Kruger en GJ Roets) het die goud losgeswem in die 200m Vryslagaflos met ‘n tyd van 2:00,57.Hulle was ook tweede in die 200m Wisselslagaflos.
GJ Roets het uitgeblink en 'n derde plek in die 100m vlinderslag, tweede plek saam met die Limpopo aflosspan (200m IM) en 'n eerste plek in die 200m vryslag. Roets kwalifiseer ook om die Limpopo Skole span wat 10-15 Desember aan die SA Skol ekamprioenskappe in Hillcrest Pretoria deel te neem.

 

 

 
 

Limpopo Seun Onder 12 Aflos Span.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube