-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Laerskool Krugerpark het Dinsdag ‘n vriendskaplike swemgala aangebied waaraan Laerskole Warmbad, Tzaneen, Ellisras, Julian Muller, Marble Hall, Oos-skool asook Krugerpark self teen mekaar kompeteer het.
Gedurende die vriendskaplike byeenkoms is 11 individuele rekords verbreek en Laerskool Tzaneen het ook in die seuns en dogters o/7 wissel aflosse die rekords verbeter. In die individuele swemslae het Laerskool Tzaneen 19 goue medaljes ingepalm, Krugerpark tien, Oos-skool agt, Warmbad sewe, Marble Hall ses en Julian Muller en Ellisras elk vyf.
BB Auto Mokopane het die medaljes vir die dag geborg. Die vriendskaplike byeenkoms was ‘n goeie oefen lopie vir die Top 10 Laerskole byeenkoms wat op 12 November in Tzaneen plaasvind.
0 Comments