-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Janco Lötter, Christian Young, Armand de Beer en Diehann Pretorius het Laerskool Bosveld Primary baie trots gemaak toe hulle verlede Vrydag die Interlaer gholf kompetisie vir laerskole in Waterberg gewen het.
Hierdie vier seuns het onderskeidelik tellings van 41, 42, 42 en 42 aangeteken oor nege putjies op die Naboomspruit (Mookgophong) Gholfbaan.
Almal moes vanaf ‘n 0-voorgee speel, wat beteken het dat slegs die beste gholfspelers sou deurkom met goeie punte.
Die seuns het onder die top ses individuele tellings geëindig en daarby ook deurgedring na die finale proewe vir die Limpopo-laerskoolspan.
Daar word duim vasgehou dat die Bossies ook by hierdie geleentheid met goeie gholf vir hulle plekke in die Limpopo laerskole span kan losspeel.
Laerskool Bosveld Primary wens hulle baie sterkte toe.
0 Comments