<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Jagters vier jaar met toekennings

 

Pieter Blignaut is aangewys as Jagter van die Jaar.

 

Sport : 13 Nov 2014 246 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die Bosveld Jagters en Wild Bewarings Vereniging (BJV) het onlangs teruggekyk op ‘n baie suksesvolle jagseisoen tydens die jaarlikse prysuitdelingsdinee waar jagters vereer is vir hul trofeë, hul skietvernuf en lang lidmaatskaptermyne.
Benewens ‘n verskeidenheid wildsgeregte op die spyskaart is daar ook lekker gedans en gekuier tydens hierdie hoogtepunt op die jagterska-lender.
Die vereniging se voorsitter, Dippies Dippenaar, sê jag is voorwaar ‘n familiesport en wys daarop dat Ford Winnerts asook sy vrou, Isabelle en hul seun vir die trofeemeet kompetisie ingeskryf het. Terselfdetyd het Dippenaar saam met sy dogter, Jané en seun, Jan, al drie met die louere weggestap in die skut van die jaar kompetisie vir onderskeidelik die mans, dogters en seunsafdeling.

 

 

 
 

Die vereniging se voorsitter, Dippies Dippenaar, sê jag is voorwaar ‘n familiesport en wys daarop dat Ford Winnerts asook sy vrou, Isabelle en hul seun vir die trofeemeet kompetisie ingeskryf het.

Skuts van die jaar was Dippies Dippenaar - mans, Jané Dippenaar - dogters en Jan Dippenaar - seuns.

Deelnemers aan die trofee meet kompetisie was van links: Dippies Dippenaar, Ford Winnerts, Isabelle Winnerts, Ford Winnerts jnr, Hendrik Naude jnr., Pieter Blignaut, Louis Derksen, Chris Dique en Francois Cilliers.

Louis Derksen is vereer vir sy Blesbok wat die naaste aan ‘n wêreldrekord gemeet het.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube