<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Krugies wen Top 10 swem

 

Swemmers van Laerskool Krugerpark (onder leiding van Awie Hatting van die Mokopane Swemklub) het Woensdag teen sewe ander laerskole in Tzaneen by Unicorn Preparatory School gaan meeding.

Sport : 13 Nov 2014 791 Viewed By NoordNuus reporter 0

Swemmers van Laerskool Krugerpark (onder leiding van Awie Hatting van die Mokopane Swemklub) het Woensdag teen sewe ander laerskole in Tzaneen by Unicorn Preparatory School gaan meeding.
Die Krugies het as oorwinnaars uit die stryd getree en het die afgelope vier jaar se wenner, Laerskool Tzaneen, geklop. Skole wat meegeding het was Laerskool Bosveld Primary, Laerskool Ellisras, Laerskool Messina, Laerskool Phalaborwa, Laerskool Pietersburg-Oos, Laerskool Tzaneen en Unicorn Preparatory School.
Krugerpark was algeheel eerste met 617 punte, gevolg deur Tzaneen, Phalaborwa, Pietersburg-Oos, Unicorn, Mussina, Ellisras en Bosveld. Die puntestand was soos volg vir die seuns: Tzaneen (317), Krugerpark (290) en Phalaborwa (227). By die dogters was die puntestand  Krugerpark (327), Tzaneen (289) en Phalaborwa (219).

 

 

 
 

Die dag se junior victrix ludorum was Jurinda van Skalkwyk van Laerskool Krugerpark en die victor ludorum was HJ Pienaar van Laerskool Ellisras.

Hier ontvang Lené Kruger en Johann Neetling die wen trofee namens die Laerskool Krugerpark.

Seuns 0/13 - goud in wisselaflos.

Krugies swemmers in die swembad saam met juffrou Ursula!

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube