<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Limpopo swemmers durf Mpumalanga aan

 
Sport : 04 Dec 2014 128 Viewed By NoordNuus reporter 0

Limpopo swemmers het verlede naweek aan die Mpumalanga Swemkampioen-skappe in Nelspruit gaan deelneem aangesien die jaarlikse ‘Limpopo Champs’ afgestel is omdat daar nie ‘n geskikte 50m-swembad in Limpopo beskikbaar was om die Limpopo's aan te bied nie.
Die munisipale swembad in Polokwane, waar die ‘Limpopo Champs’ gewoonlik aangebied word is besig met opgradering. Die Mokopane munisipale swembad voldoen nie aan al die standaarde om dié gala aan te bied nie.
Vyftien swemmers van TUKS Mokopane, van afrigter Awie Hattingh, het as deel van die Limpopo TUKS span deelgeneem. Die swemmers het só presteer: Seuns: Morne van der Bank (5 goud, 4 silwer, 2 brons), Heinrich Strydom (1 goud, 1 silwer, 1 brons), Carel Smit (5 silwer, 4 brons), Raymond Kockett (2 brons), Franco Botha (7 goud, 3 silwer, 1 brons), Ruard Nel (1 brons), Jacobus Botha (1 brons). Dogters: Miral Honiball (4 goud), Anel de Vos (3 goud, 2 silwer, 3 brons), Carlia Nel (1 silwer, 2 brons). Van die 16 klubs wat aan die gala deelgeneem het, het Limpopo TUKS algeheel tweede geëindig. Uniswim was eerste en Eager Aquatics derde.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube