<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Viskoors en vakansietyd

 
Sport : 04 Dec 2014 389 Viewed By Christie Thomas 0

Dit is alweer vakansie tyd! Heerlike lang sonskynure, braaivleis vure, en natuurlik moet ‘n mens nie vergeet van visvang maniere.
Waarookal jy jou mag bevind hierdie vakansie, daar is altyd ‘n plekkie naby waar jy bietjie kan gaan lyn natmaak. Om jou visvang huiswerk bietjie makliker te maak het ek besluit om ‘n lys op te trek van goeie hengeldamme regoor die land. Ongelukkig is die lys te lank om almal op te noem, dus het ek maar ‘n paar gekies wat bekend is vir goeie swartbaars hengel.

KwaZulu-Natal
Albert Falls Dam, Pietermaritzburg. Een van die grootste damme in KwaZulu-Natal, met ‘n reputasie as een van die beste swartbaars damme in die wêreld. Ander vispesies waarvoor jy kan hengel is karp, barber, kurper, en geelvis. In die Albert Falls
Natuurreservaat kan jy verwag om verskeie wild en voël spesies raak te loop. Kontak: Msinsi Resorts & Game Reserves. (033) 569 1202. Albert.falls@msinsi.co.za
Hazelmere Dam, Ethekwini. Hier kan jy hengel vir swartbaars, karp, kurper en geelvis. Indien jy wil oorslaap kan jy kies tussen kampeer of die gerief van twee lodges.
Kontak: (032) 533 2315. hazelmere@msinsi.co.za.
Inanda Dam, Hillcrest. Die rekord swartbaars gevang in hierdie dam weeg 'n allemintige 5.23kg. Ander vis spesies sluit in kurper, karp, baber en paling. By hierdie reservaat kan jy stap om hulle verskeie wild- en voël-soorte te sien. Kontak: (031) 766 9946. inanda@msinsi.co.za

Vrystaat
Bloemhoek Dam, Kroonstad. Hierdie dam voorsien Kroonstad van water. Vis spesies sluit in karp, geelvis, baber, en swartbaars. Kontak: Thula Game Lodge. 072 853 2313. www.thula-game-lodge.co.za
Sterkfontein Dam, Harrismith. Hierdie dam se water is diep en skoon en koud. Genestel aan die voet van die Drakensberge, hier kan jy hengel vir karp, geelvis, swartbaars, en forel. Hierdie dam is baie populêr onder die vlieghengel entoesiaste. Kontak: (058) 622 2352.

Weskaap
Kwaggaskloof Dam, Worcester. Ook
bekend as Brandvlei Dam, word gevoed deur die Breede Rivier. Hierdie is een van SA se prima kleinbekbaars hengel areas. Hier kan jy ook hengel vir karp, grootbek swartbaars, bluegill, en Kaapse witvis. Kontak: (023) 340 4163. Nekkies Oord: (023) 343 2909.
Theewaterskloof Dam, Villiersdorp – Slegs ‘n uur en half se ry vanaf Kaap-stad, is hierdie een van die Kaap se
premier visvang damme. Die dam is groot maar die wind kan ‘n groot gevaar ook wees. Daar is sprake dat hier grootbek sowel as kleinbek swartbaars in die dam is, asook forel, karp, bluegill, baber en kurper. Kontak: Yacht Club: (028) 840 1334.
Kaapse Natuurbewaring: (028) 841 4826.

Mpumalanga
Driekoppies Dam, Malelane. Hierdie dam is witwarm vir swartbaars hengel op die oomblik. Hierdie dam is omtrent 25km vanaf Malelane, teenaan die Swaziland grens, en glad nie vêr vanaf die Kruger wildtuin nie. Hierdie is ‘n relatiewe ‘jong’ dam, wat beteken die water is nog ryk aan voedingstowwe vir klein vissies, wat sorg vir lekker vet aggresiewe prooi.
Ongelukkig is hier nie akkomodasie of boot lanseer geriewe beskikbaar nie, maar die uitstekende hengel maak op vir die bietjie ongerief. Daar is heelwat oornag akkomodasie beskikbaar in Malelane. Sorg dat jy lanseer met ‘n 4x4 bakkie om te voorkom dat jy vassit. Kontak: www.places.co.za vir ‘n lys van beskikbare akkomodasie in Malelane.

Limpopo
Mokolo Dam, Lephalale. Hierdie is die grootste dam in die Limpopo en geleë in die hart van die Waterberge. Dit is een van die mooiste en skoonste damme om te hengel, en verskeie wildsoorte kan gesien word wanneer hulle afkom om water te drink. Kontak: Kampeer: (015) 290 7300. Leopard Lodge: (014) 763 5810.
Nandoni Dam, Thohoyandou. Hierdie is 'n uitstekende dam om te hengel vir swartbaars, maar daar kan ook gehengel word vir kurper, karp en baber. Die voordeel van hierdie dam is dat dit slegs 50km geleë is vanaf die Kruger wildtuin, indien jy wil wegbreek vir 'n bietjie wild besigtiging. Kontak: Fish Eagle Resort 083 276 1070.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube