<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Swem, EHS, swem!

 

P du Preez Junior Victor Ludorum.

Sport : 20 Feb 2015 96 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Verlede Donderdag het Hoërskool Ellisras se swemmers die bloedige hitte trotseer tydens die jaarlikse Interhuis. Danksy borge en baie hulpvaardige ouers het elke swemmers ‘n geskenkbewys van R50 gekry en saam met medaljes ‘n geskenk beloning.
Die senior Victor Ludorum is Dario Geyser, (tweede beste senior seun is Christiaan Vermaas en derde Janus Reynecke). Senior Victrix Ludorum word gedeel deur Cheranté Snyman en Sené Geldenhuys (derde is Inge-Reine Strydom). Junior Victor is GP du Preez (tweede Johan Pistorius en derde Thys Bekker). Junior Victrix is Nathalie Perrier (tweede Cherise Mans en derde Vanessa Troskie).
Dit was ‘n plesierige dag met pret-items soos ‘n aflos van vier lede tussen die onderwysers, ouers en twee spanne van die graad 12 Bestuurskomitee.  Almal het aangeneem dat die ouers ver gaan wen aangesien Darren Watkins (afrigter van Aquatics Swemklub) self ‘n SA swemmer was. Toe nie. Die onderwyser span wat bestaan het uit jong Menere Dandré Grobler, Rudolph Fourie, Zirk Buys en Rohan Besseling, het die ouers oortuigend geklop onder luide applous van die leerders!
Die hoof, Louis Campbell, was baie beïndruk met die senior seuns wat in groot getalle deelgeneem het. Eerskomende Saterdag swem die Rassies in ‘n vriendskaplike byeenkoms teen Frikkie Meyer op Thabazimbi.

 

 

 
 

Senè Geldenhuys, mnr. Tiaan Erasmus en Cheranté Snyman wat die senior Victrix Ludorum deel.

Nathalie Perrier: Junior Victrix Ludorum.

Dario Geyser Senior Victor Ludorum.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube