<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Suksesvolle gholfdag vir Helpende Hand

 
Sport : 20 Feb 2015 76 Viewed By NoordNuus reporter 0

MOKOPANE - Helpende Hand Mokopane se tak wil graag almal bedank wat bygedra het tot die suksesvolle gholfdag vroeër in Februarie by die Kameeldoring Gholfklub.
Die wenners van die dag, het elk weggestap met lekker braaipakke, koelboksakke, braaitange en meer. Hulle was Bennett van der Gryp en Thys Kruger (eerste plek), gevolg deu Freddie van Wyk en Pierre van Schalkwyk, Wynand Swanepoel en Wynand Welgemoed, Jan de Beer en Tony Hawken, en in vyfde plek, Hans Human en John Davis.
Helpende hand se langtermyn doel is ‘n beursfonds vir kinders, om sodoende ‘n kleuter- en naskool vir minderbevoorregte kinders moontlik te maak! Om Helpende Hand te ondersteun kan u aansluit vir ’n fooi van slegs R50 per maand.Skakel Hendriette by 084 836 0005 vir meer inligting.
Helpende Hand bedank graag hul borge vir die gholfdag: Autozone, Rand Superstore, Game, Hennie van Autoboys, Arons, Liquor Zone, Liquor City, Overland, Pro-Travel, Lantern Herberg, Chops & Chives, Good Health, Valerie van der Walt, Meat City, Eulogia de Wet, die Noodforum, Kameeldoring Gholfklub, Noordelike Nuus, Bosveld Review en Tjommies Kleuter- en Naskool.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube