<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Cachalia broers kraai koning

 

MOKOPANE -Duiweteler Ahmed Cachalia van Gauteng wat met sy broer Dr. Yusuf Cachalia van Mokopane as Cachalia Broers aan duiwe wedvlugte deelneem, het op 23 Januarie vir die derde keer die Allflight Carnival Lofts se internasionale wedvlug oor 458km gewen. Hierdie eerste plek het aan die Cachalia Broers ’n prysgeld van R105 000 besorg.

Sport : 20 Feb 2015 103 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE -Duiweteler Ahmed Cachalia van Gauteng wat met sy broer Dr. Yusuf Cachalia van Mokopane as Cachalia Broers aan duiwe wedvlugte deelneem, het op 23 Januarie vir die derde keer die Allflight Carnival Lofts se internasionale wedvlug oor 458km gewen. Hierdie eerste plek het aan die Cachalia Broers ’n prysgeld van R105 000 besorg.
Die wenduif is met die betrokke wedvlug saam met 171 ander duiwe van Allflight Carnival Lofts op 22 Januarie gemandjie  en hulle is die volgende oggend op Springfontein oopgemaak.
Die weersomstandighede het tot ‘n redelike stadige wedvlug gelei en die wenspoed was 65km/h.
Cachalia Broers se blou band duif het om 01:12 by Allflight Carnival Lofts op Deneysville aangekom. Die duif het die naaswenner met 9 minute geklop.
Dié spogduif is een van 61 wedvlugduiwe wat op 7 Maart by die Elandsklub op Alberton tydens ’n spesiale veiling verkoop sal word.
Cachalia Broers het ook in 2006 en 2011 hierdie gesogte wedvlug gewen.
Duiweboere vanoor die hele wêreld neem aan hierdie wedvlug deel

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube