<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Laaste kans vir swemmers om te kwalifiseer

 

Miral Honiball het ook gekwalifiseer vir die ‘Youth Nationals’ wat later vanjaar in Durban plaasvind in die volgende items: 100m en 200m vryslag en die 200m en 400m Individuele wisselslag.

Sport : 20 Feb 2015 88 Viewed 0

MOKOPANE - Honderd-agt-en-sestig swemmers van verskeie klubs in Limpopo het die afgelope naweek aan die ‘Last Change Sprint Gala’ in Tzaneen deelgeneem, vir sommige die laaste kans om te kwalifiseer vir die 2015 Nasionale/Streek Vlak (Level) Swem Kampioenskappe wat in Maart plaasvind.
Sewentien swemmers van Limpopo TUKS Mokopane het aan die gala deelgeneem, sommige met die hoop om te kwalifiseer en ander weer net om vriendskaplik te kompeteer.  Onder die swemmers was daar selfs drie 5-jariges van swemafrigter, Awie Hattingh, wat die ouer kinders die stryd aangesê het, hulle is tweeling Carla en Stephanie Dannhauser en Duvan Oosthuizen.
Gedurende die gala het die Limpopo TUKS Mokopane swemmers vier goue medaljes, sewe silwer en 13 brons medaljes teruggebring Mokopane toe. Daar was geen medaljes vir die 100m en 200m addisionele kwalifiserende items nie, maar Miral Honiball (17) het twee eerste plekke, een tweede en een derde plek behaal.
Die 2015 Nasionale/Streek Vlak Swem Kampioenskappe wat in Maart plaasvind, word in vier afdelings verdeel: Vlak 1, Vlak 2 en Vlak 3. Swemmers se kwalifiserende tye plaas hulle in die verskillende afdelings met Vlak 3 wat die vinnigste kwalifiserende tye is.
Vanjaar vind die Vlak 3 kampioenskappe plaas in Port Elizabeth vanaf 12-16 Maart.  Die Vlak 2 kampioenskappe is in Germiston vanaf 19-22 Maart en Vlak 1 vanaf 27 – 29 Maart by Ellispark.
Tot op datum het die volgende swemmers van Limpopo TUKS Mokopane vir Vlak 1 gekwalifiseer en geregistreer:  Emmerentia Botha (10), Jeska Tiersma (10), Jurinda Van Schalkwyk (10), Henricus Geerkens (10) en Ruard Nel (10).
Swemmers wat vir Vlak 2 gekwalifiseer en geregistreer het is:  Anél De Vos (17), Lenika Nel (12), Bernice Laboff (11), Morné and der Bank (15), Raymond Kockott (14) en Ruben Glover (11).
Vlak 3 swemmers wat gekwalifiseer en geregistreer het is:  Franco Botha (12), Heinrich Strydom (14) en Miral Honiball (17).
Miral Honiball het ook gekwalifiseer vir die ‘Youth Nationals’ wat later vanjaar in Durban plaasvind in die volgende items: 100m en 200m vryslag en die 200m en 400m Individuele wisselslag.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube