<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies hardloop vir ’n vale

 

Johané Pistorius.

Sport : 20 Feb 2015 1157 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Hoërskool Ellisras (EHS) het verlede Vrydag deelgeneem aan ‘n vriendskaplike atletiek byeenkoms by Nylstroom teen Frikkie Meyer, Waterberg Academy, Groblersdal Academy en Hoërskool Louis Trichardt.
Die Rassies se atlete het weereens gewys dat hulle atlete van formaat is.
 Johané Pistorius dogters o/17, Larissa Nel dogters o/16, Loutjie Steenekamp seuns o/16, Wihan du Plessis seuns o/16 onder andere het top prestasies behaal. Die Rassies wen 17 eerste plekke en ses van die 10 aflosse.
Die top tien meisies is 1): Larissa Nel dogter o/16 100m hekkies 882 ASA, 2 en 3) is Johané Pistorius dogters o/16 met gewigstoot 833 ASA en diskus 812 ASA, 4) Nelia Grobler dogters o/15 diskus 776 ASA, 5) Gontse Makholwa dogters o/14 gewigstoot 771 ASA, 6) Nelia Grobler gewigstoot 756 ASA, 7) Monique Kotze dogters o/15 gewigstoot 751 ASA, 8) Larissa Nel 400 h 722 ASA, 9) Dionne Viviers dogter o/14 gewigstoot 710 ASA en 10) Charné Vosloo dogters o/15 709 ASA.
Top 10 Seuns: 1) Wihan du Plessis seuns o/16 spiesgooi 783 ASA, 2) Loutjie Steenekamp seuns o/16 110m hekkies 778 ASA, 3) Anthony Williams seuns o/14 gewigstoot 760 ASA, 4) Fanie Modimola seuns o/14 verspring 755 ASA, Divan Geldenhuys seuns o/14 spiesgooi 749 ASA, 6) Gerrie Blom seuns o/15 hoogspring 730 ASA, 7) Johan Jv Nieuwenhuizen seuns o/14 diskus 727 ASA, 8) Nico Oosthuizen seuns o/15 gewigstoot 725 ASA, 9) Wihan du Plessis seuns o/16 gewigstoot 707 ASA, 10) Johan Jv Nieuwenhuizen gewigstoot 704 ASA. - Fransa de Beer

 

 

 
 

Nog ‘n eerste plek aflos!

Nico Snyman hardloop vir die lang bene weg!

Groot vreugde oor ‘n eerste plek!

Charné Vosloo.

Larissa Nel.

Loutjie Steenekamp.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube