<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Interhoër propvol luukshede!

 
Sport : 20 Feb 2015 391 Viewed 0

Vanjaar se Interhoër atletiek wat Hoërskool Piet Potgieter (HPP) in Mokopane op 28 Februarie aanbied, gaan geen gebrek aan luuksheid hê nie.
Ondersteuners gaan bevoorreg wees om dié byeenkoms vir die eerste keer in Suid-Afrikaanse skole-atletiek op ’n 24m2 groot skerm met direkte uitsending te besigtig.
Nóg goeie nuus is dat ondersteuners wat nie self by die atletiekbyeenkoms teenwoordig is nie op die internet daarna kan kyk. Die internet skakel sal die oggend voor items afskop op die skerm vertoon word, sê Kobus Becker, HPP Interhoër komiteelid. Satsoft Mokopane word bedank vir die gratis internet lyn wat die uitsending moontlik sal maak.
Vier televisiekameras gaan voortdurend tussen die onderskeie items beweeg om sodoende alle items en hoogtepunte van die dag op die skerm aan die Suidekant van die veld te vertoon.
Die perfekte afronding by dié byeenkoms is die bekende sportomroeper Altus Schroeder. Hy gaan kommentaar lewer op  al die gebeure.
 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube