<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Wat is voerder hengel?

 
Sport : 26 Feb 2015 111 Viewed By Press Release 0

Voeder of “Feeder Angling” soos dit bekend staan in oorsee se terme, is seker een van die beste afdelings in die hengelsport.
Suid-Afrika neem jaarliks deel aan die Wêreld Kampioenskappe wat elke jaar in 'n ander land plaasvind. Sowat 'n jaar of twee gelede was Suid-Afrika die gasheer land vir die kampioenskappe gewees.Die kampioenskappe is toe in Bloemhofdam aangebied waar Suid-Afrika ook gepas sy wêreldkampioen opgelewer het. Niemand minder as die baie bekende “Jumbo” Willemse het hierdie eer te beurt geval, “Jumbo” het wel vir die wêreld gewys hoekom die eer hom toekom. Verskeie van ons “feeder” of voederhengelaars het hulle by verskeie geleendhede hetsy tuis of oorsee gewys ons kan met die wêreld se bestes saampraat.
Die Protea voederhengelspan vertrek later vanjaar na Holland om weer in die kampioenskappe deel te neem, as jy met van hierdie hengelaars praat oor die sport dan sal jy verstaan waaroor di gaan.
Die afstande wat hier gehengel word en die hoeveelheid vis wat hierdie hengelaars gevang het in die tyd wat hulle gehengel het spreek boekdele en dit is net ongelooflik. Die tipe gerei wat gebruik word om mee te hengel verskil total van die normale - net een stok word toegelaat om mee te hengel, hulle hengel ook vanaf 'n kleinerige platform met 'n sitplekkie op. Die platform word dan in die water geplaas afhangende van die diepte van die water sodat jy darem nie onder die water beland nie. Hier doen jy alles wat gedoen moet word daar is nie tyd om gou iets te gaan soek of gou te gaan haal nie.
Die hengelaars gebruik ook  ‘n baie klein houertjie (feedertjie) wat ongeveer 40mm lank is en ongeveer 25 – 30mm in deursnee is wat dan gevul word met die voer wat jy mee hengel, die feedertjie word as gewiggie gebruik, daar is ook verskillende groottes van hulle waarmee gehengel word.
Die kompetisie tye is gewoonlik vyf ure waarna inweeg plaasvind. Hierdie hengelaars soos “Jumbo” beskik oor die vermoë om elke drie minute 'n vis te vang.
Hulle werp letterlik op ‘n tiekie soos die gesegde van ouds gelui het. Die sport vereis geweldige akkuraatheid om sukses te vermag - ons pap gooiers probeer gewoonlik om 200meter vêr te gooi - in hierdie sport bestaan daar nie so iets nie.
Al wat jy moet doen is om baie akkuraat te gooi, sodoende sal jy die sport vinnig kan bemeester en sukses behaal.
Alle belangstellendes maak nie saak hoe oud jy is nie en veral juniors wat graag hierdie sport wil beoefen en dit sy toekoms wil maak en ook graag sy land eendag wil verteenwoordig by die wêreldkampioenskappe, maak hierdie sport jou groot stap na sukses as jy nie groot en sterk is om die eerste span te haal nie, kan jy dalk hier presteer, grote, spoed en gewigtel nie by ons nie.
Kontak Frans by 083 781 4975. Hy bly in Mokopane.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube