<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP maak skoonskip by interhoër

 
Sport : 06 Mar 2015 173 Viewed By Martie Le Grange 0

Die algehele Interhoër beker behoort aan niemand anders as Hoërskool Piet Potgieter (HPP).
Dié gasheer skool het Saterdag, die 52ste Bosveld Interhoër loshande teen sy 6 mededingers in die provinsie gewen en spog met ‘n groottotaal van 660 punte.
HPP se harde werk op die pawiljoen en atletiekveld- en baan het sonder twyfel goeie vrugte afgewerp en besorg ook aan hulle ‘n indrukwekkende 101 medaljes waarvan 31 goud, 42 silwer en 30 bronsmedaljes. Die gesogte sang beker is ook deur HPP verdien.
Die volgende trofeë pronk nadese vanjaar in HPP se vertoonkas:Groottotaal; Sang beker; Seuns Aflos; Junior Dogters; Senior Dogters; Senior Seuns; Dogters Totaal; en Beste Baanatleet.
HPP se top tien atlete het by die Interhoër geskitter en hul uitslae is as volg:
Marnus Uys het sy ondersteuners se verwagtinge oortref. Hierdie blitsatleet het een rekord verbeter en ‘n ander geëwenaar. Uys is ook as die beste baanatleet by die byeenkoms aangewys. Die 100m vir seuns o/17 het hy verbeter. Sy tyd is 10.60 sekondes en die 200m vir seuns o/17 wat hy geëwenaar het met ‘n rekord van 1970 staan op 21.80 sekondes. Luzaan Taljaard het in spiesgooi vir dogters o/15, ‘n afstand van 11.95m vêr gegooi.
Mirieck Greissel teken ‘n nuwe rekord aan in spiesgooi vir dogters o/19. Sy het 1990 se rekord verbeter en ‘n skitterende 12.40m vêr gegooi.
William Mohlaloga verbeter 2013 se 110m hekkies vir seuns o/14. Sy tyd was 14.30 sek.
Mohlaloga het ook die 300m hekkies vir seuns o/14 verbeter. Sy tyd was 42.90 sek. Soretha Kurger het ‘n afstand van 35.46m in diskus vir dogters o/19 gegooi. Johnty Darvall het soos blits oor die 110m hekkies vir seuns o/19 beweeg. Sy tyd was 15.00 sek. Ashley Coleman het ‘n afstand van 11.25m behaal met spiesgooi vir seuns o/17.
Sello Nyawene is nóg ‘n gunsteling op die atletiekbaan. Hy het die 3 000m vir seuns o/17 in 9:22.60 afgelê. Peter Tau se ondersteuners het hom behoorlik toegejuig op die baan. Tau het die 1 500m vir seuns o/19 in ‘n tyd van 04:07.90 afgelê en Pontsho Ngobeni beïndruk met ‘n tyd van 09:09.60 sekondes in die 3 000m vir seuns o/19.
Die skool het elkeen wat bygedra het tot die interhoër se sukses bedank. ‘n Spesiale dank aan Jan Kruger van HPP vir sy harde werk ten opsigte van verskillende luukshede wat die byeenkoms onvergeetlik gemaak het. Stephan Kruger word ook bedank.

 

 

HPP hoof sê dankie - Deur Jas Hansen
Dit is met groot dankbaarheid dat ek vandag terugdink aan Bosveld Interhoër 2015. Dankbaarheid teenoor ons Skepper vir mildelike seën, talente en geleenthede.
Die Bosveld Interhoër 2015 se beplanning het reeds meer as ‘n jaar gelede begin en alles het mooi in plek geval op 28 Februarie 2015.”
Baie dankie aan Jaco van der Wateren (voorsitter van die reëlingskomitee) en al die lede wat alles so mooi haarfyn beplan het. Baie dankie aan al die borge. Sonder geld en bystand sou so iets nie kon plaasvind nie. U is staatmakers en planmakers.
Dankie aan elke ouer en vriende wat hard gewerk het om hierdie dag ‘n sukses te maak. U lojaliteit en ondersteuning word opreg waardeer.
Dankie aan die pers vir u goeie beriggewing en ons atlete, sangers en
helpers vir julle lojaliteit.Dit word opreg waardeer.
Ons kinders. Julle was sterre en het ons baie lekker laat kry. Julle het hierdie dag ‘n onvergeetlike belewenis gemaak.Julle bly my blinkoogkinders.
My personeel en afrigters, dames en here: U was ysters! U passie en entoesiasme was aansteeklik. Vir enige skoolhoof is u ‘n droom. U het raakgevat en u optrede was meesterlik. Interhoër 2015 sal ek nooit vergeet nie!

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube