<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Swem byeenkoms op eie bodem

 

Die Mokopane munisipale swembad voor hy opgeknap is.

Sport : 06 Mar 2015 98 Viewed By Judy van Schalkwyk 0

Die jaarlikse Interprovinsiale Skole swemgala op 26 Februarie is vanjaar op eie bodem gehou.
Die munisipale swembad van die Mogalakwena Munisipaliteit in Mokopane is pragtig opgeknap vir dié prestige byeenkoms wat dit vir 150 swemmers van verskeie Laer- en Hoërskole moontlik gemaak het om aan 76 items deel te neem.
Adrie Booysen, voorsitter van Limpopo Skole Swem het gesê die Limpopo Skole Swem-komitee is trots om met ‘n byeen-koms soos dié geassosieer te word. Booysen het die TUKS Mokopane swemklub afrigter, Awie Hattingh en ouers bedank vir die moeite wat gedoen is vir dié byeenkoms.
Die TUKS Mokopane swemklub het die opknappingswerk gedoen ná hulle genader is om die prestige byeenkoms aan te bied aangesien daar opgradering gedoen word by die Polokwane munisipale swembad waar die galas gewoonlik gehou word.
Awie Hattingh bedank elkeen wat bygedra het tot ‘n baie suksesvolle gala byeenkoms. Anglo Platinum Mogalakwena Myn word op hulle beurt bedank vir die fondse wat beskikbaar gestel is vir die nodige opknappingswerk.

 

 

 
 

Zanel Steenkamp.

Udo Fuchs.
 

Regardt Grobler.

Kirsten Lottering.

Só lyk die swembad na daar hard gewerk is om as fasiliteit vir die jaarlikse Interprovinsiale Skole Swemgala te gebruik.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube