<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mokopane gholfspeler is senior kampioen

 

Legends se Pete Richardson (links) en Mauritz Hansen wens vir Keith Freeman van Mokopane geluk as die klub se jaarlikse senior kampioen.

Sport : 13 Mar 2015 44 Viewed By Martie Le Grange 0

Keith Freeman, lid van die Kameeldoring Buiteklub en inwoner van Mokopane is vanjaar gekroon as die senior kampioen van die Legend Gholfklub se jaarlikse senior ope kampioenskap.
Die gholf kampioenskap was verlede Vrydag by die bogenoemde oord op Entabeni gehou. Freeman het 40 punte aangeteken, gevolg deur Johan Oosthuizen in die tweede plek en Doors van Rensburg in die derde plek.
Die klub het sy dank uitgespreek teenoor al die borge wat hulle ondersteuning gebied het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube