<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS gereed vir wintersport

 
Sport : 19 Mar 2015 91 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Hoërskool Ellisras het verlede Saterdag ‘n vriendskaplike sportdag teen Hoërskool Merensky van Tzaneen op hul tuisgrond aangebied.
Die Rassies se junior rugby het uitste-kend gevaar. 0/14 wen 15-10, o/15 21-10 en o/16 wen 29-12. Die Rassies se tweedes moes na ‘n titaniese stryd die knie buig en verloor 14-17 in die laaste minute van die wedstryd.
Die Rassies se eerstespan het vir hul spanmaat wat ‘n beroerte in Nederland gekry het met ‘n sewestoer in Desember 2014, ook ‘n eerstespantrui laat maak. Tiaan Geldenhuys het die span op die veld gelei. Daarna het hulle gekniel vir ‘n minuut se stilte uit eerbied vir hul spanmaat Stefan van Emmenis se pa, Hardus, wat oorlede is.
Die Rassies se drieë het van die “korter” spelers in die span gekom. Pieter du Plessis en Ruan Barnard het opwinding veroorsaak en groot gejuig op die pawiljoen met hulle drieë. Die Rassies het hard gespeel maar 15-26 verloor. Een ding is seker, rugby is ‘n harde spel en mens hoor letterlik die gebeendere klap as jy langs die veld staan.
Die netbal het gemengde welslae behaal met die o/14b’s wat 7-4 wen, o/15 17-4 en die o/16A 18-3. Die hokkiebokkies het ook soos soldate geveg, Die eerstespanne en o/14’s speel gelykop. Die o/15 en o/16 verloor 0-2 elk.
Saterdag speel die Rassies teen Tuine Tegnies in Pretoria.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube