<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rugga kids tref Limpopo

 
Sport : 19 Mar 2015 315 Viewed By NoordNuus reporter 0

LEPHALALE - Rugga Kids bestaan al vir 13 jaar in Suid-Afrika en het in 2014 uitgebrei na Limpopo. Lephalale het nou ook deel geword van die groepie.
Neels Brits, stigter van Rugga Kids, het agtergekom by spannetjies wat hy afgerig het dat die seuns nie altyd oor die nodige balvaardighede beskik nie. Die hoofdoel agter Rugga Kids se stigting is om vir seuntjies rugbyvaardighede en -veiligheid te leer, al duik hulle mekaar.
Besoeke word weekliks by die skole afgelê. Die afrigters is deur Rugga Kids opgelei en moet 'n afrigtings-kurses geslaag het om te kwalifiseer. Die lesse is vir kinders tussen 3-8 jaar.
Wanneer hy klaar is met Rugga Kids en o/9, moet die kind die nodige vaardighede hê sodat ‘n skoolafrigter met so kind begin werk aan spelpatroon en hoef hy nie die kind eers te leer balle uitgooi of duik nie.

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube