<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Stoeiers verower 12 medaljes

 

Stoeiers van Potties Stoeiklub wat die afgelope naweek goed presteer het tydens hulle deelname aan die Gauteng Ope Stoeitoernooi. Voor, Dewald Beukes, Justin Pieterse, Xander Benedetti en JP Joubert. Tweede ry, Marnu van der Kolff, Pieter Jordaan, HJ Janse van Vuuren en Rosie Pieterse. Agter, Jeandre Viljoen, Altus du Plessis, Manie de Jonge en Nolien Jonker.

Sport : 27 Mar 2015 157 Viewed By Martie Le Grange 0

Stoeiers van die Potties Stoeiklub in Mokopane is op die skouer geklop vir hulle uitmuntende prestasie by die onlangse Gauteng Ope Stoeitoernooi in Kemptonpark waar hulle 12 blink medaljes verower het.
Stoeiers se harde werk het vrugte afgewerp en aan hulle vier goue, twee silwer, vier brons en twee deelnemende medaljes besorg. Hulle het teen sowat 400 stoeiers meegeding.
Drie van die klub se stoeiers gaan eersdaags kragte meet by die Suid-Afrikaanse stoei proewe in Secunda. Die klub wens vir Marie Oosthuizen, Ralie Somo en Monique Venter sterkte toe

 

 

 
 

Monique Venter.

Marie Oosthuisen.

Rally Somo.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube