<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Boere wemel op gholfbaan

 

Pieter Boshoff, ondervoorsitter van Nyl Boerevereniging en HF Mining se span wat die derde plek behaal het.

Sport : 27 Mar 2015 91 Viewed By Martie Le Grange 0

Die Nyl Boerevereniging het verlede Donderdag sy 13de gholfdag by die Kameeldoring Buiteklub gehou en soos in die verlede het dit gewemel van boere op die baan ter ondersteuning van dié dag.
 JCN Oil se span het skoonskip gemaak en ‘n welverdiende eerste plek opgeraap. Kort op die wenners se hake was die span van L&P Earthmoving en in die derde plek was die span van HF Mining. Min spelers het met leë hande huis toe gegaan aangesien die borge voorsiening gemaak het vir nie net goeie nie, maar ook genoegsame pryse. Elke borg word hartlik vir hulle borgskappe bedank.

 

 

 
 

JCN Oil se span in al hulle glorie het hulle eerste plek wel verdien. By die wenspan, Pieter Boshoff, ondervoorsitter van Nyl Boerevereniging.

In die tweede plek tydens die Nyl Boerevereniging se gholfdag, die span van L&P Earthmoving. Pieter Boshoff, ondervoorsitter van Nyl Boerevereniging het hulle gelukgewens.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube