<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies is baie besig!

 
Sport : 27 Mar 2015 413 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Verlede Vrydag het EHS se rugby en netbalspanne vertrek vir ‘n vriendskaplike sportdag teen Hoërskool Pretoria Tuine. Die Rassies wen alles!
0/14 rugby wen 34-5. o/15a wen 25-12 en o/15b 26-12, o/16 wen 19-12, die tweedes 34-5 en die eerstespan wen 34 -0! Die eerstespan se drieë word gedruk deur Daantjie Johnson, Michael Kotze, Pieter du Plessis, Jakkals van Greunen en Johan Pitout. ‘n Fees van drieë. Die tweedespan het ook die drieë ingeryg: Jayden Jacobs, Blessing Matsoma, Frans Shiko, Ruan J v Rensburg, Leon van Staden en Paul Havenga.
Rassie netbal was net so suksesvol  en wen al hulle wedstryde. Die eerste span wen met ‘n allamintige telling van 48-4, 0/16 wen 25-9, 0/15 wen 22-8 en 0/14 wen 25-2. Die busse het na twaalf veilig die dorp binne gery met moeë maar tevrede spelers. Hoe sê hulle? Wen is nie alles nie maar dis tog so lekker!

 

 

 
 

Verlede Donderdag het die Rassie redenaars geskiedenis gemaak tydens die interhuis ATKV redenaarskompetisie. Sprekers neem voortaan deel in ‘n voorbereide en onvoorbereide afdeling asook ‘n Afrikaanse Eerste Addisionele Taal afdelings. Die wenners is: Seniors Voorbereid: Kyla Strydom, Juniors Voorbereid Lanè Kritzinger, Senior Onvoorbereid Barbara Emslie en Junior Onvoorbereid Nathalie Perrier. Die Afrikaans FAL word gewen deur Lerato Ditsela. Die eerste ATKV uitdun vind plaas Dinsdag en Woensdag 24 en 25 Maart in Polokwane. Vlnr: Lanè Kaiser, Lerato Ditsela, Nathalie Perrier, Barbara Emslie en Kyla Strydom.

Verlede Saterdag het die Rassies deelgeneem aan Limpopo interskole boogskietkompetisie. Drie Rassies word ingesluit in die skole Limpopospan: Steven Verwey, FA Kemp en Safdar Williams as ontwikkelingskut. FA Kemp wen ‘n goue medalje en kom algeheel 3de van die seniors.

Die eerstes.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube