<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP atlete vaar goed by SA’s

 
Sport : 02 Apr 2015 258 Viewed By Martie Le Grange 0

Atlete van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) in Mokopane wat aan die Suid-Afrikaanse Nasionale hoërskool kampioenskappe in Rustenburg deelgeneem het, was die room van Limpopo.
Hulle uitslae is soos volg: Mirieck Griessel (foto onder) het in gewigstoot vir dogters o/17, ’n afstand van 12, 02m gegooi en ’n negende plek behaal.

CG Kruger het ’n 9de plek ingeneem in 100m hekkies vir seuns o/15.Sy tyd in hierdie item was 13,88 sekondes. Kruger het ook ’n 10de plek behaal vir 300m hekkies met ’n tyd van 42,05 sekondes. Soretha Kruger behaal ’n agtste plek in gewigstoot vir dogters o/19 met ’n afstand van 9,85m. Sy het ook ’n sesde plek in diskusgooi behaal. Haar afstand in laasgenoemde item was 36,37m. Peter Tau raap ’n vyfde plek op vir sy deelname aan 800m vir seuns o.19. Sy tyd was 1.51, 07 sekondes.

Een van HPP se gunstelinge, Marnus Uys (foto regs) het ’n tyd van 10.77 sekondes aangeteken en ’n vierde plek behaal in die 100m vir seuns o/17. Hierdie atleet het ook’n vyfde plek in die 200m vir seuns o/17 behaal. Sy tyd was 21,60 sekondes. ’n Silwermedalje is ook aan hom oorhandig vir sy prestasie aan medley aflos vir seuns o/17. Luzaan Taljaard behaal ’n 17de plek in gewigstoot vir dogters o/15. Haar afstand was 10,24m.

Sello Nyawene het ’n negende plek behaal in die 1500m vir seuns o/17. Sy tyd was 4.10,42 sekondes. Pontsho Ngobeni was 10de in die 3000m hindernis vir seuns o/17. Hy het ’n tyd van 9.44,73 sekondes aangeteken.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube