<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Stoeiers by SA proewe

 

Ralie Somo, Monique Venter en Marie Oosthuizen het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse stoei proewe in Secunda deelgeneem en Somo het uitstekend presteer.

Sport : 02 Apr 2015 253 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Drie van Potties Stoeiklub se stoeiers in Mokopane het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse stoei proewe in Secunda deelgeneem en hulle goed van hulle taak gekwyt.
Marie Oosthuizen en Monique Venter was enkel massa stoeiers by die stoei proewe, wat beteken daar was geen stoeier in hulle gewig om teen te kompeteer nie. Oosthuizen het haar beste gelewer op vriendskaplike vlak maar het ongelukkig haar stryd teen haar opponent verloor.
Ralie Somo het die beoordelaars beïndruk tydens sy heel eerste deelname in die Grieks Romeinse styl. Somo het ’n skitterende vierde plek behaal. Hy het ’n sesde plek in vrystyl losgeslaan. Die klub het hom gelukgewens.
Venter is deur die klub uitgewys as ’n kranige stoeier wat goed op dreef is. Lees meer oor haar in aanstaande week se Noordelike Nuus.

 

 

 
 

Marie Oosthuizen.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube