<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies speel wintersport teen die Hansies

 
Sport : 24 Apr 2015 82 Viewed 0

Saterdag 18 April het die Rassies ‘n opwindende sportdag teen die Hansies beleef.
Die junior rugby van die Rassies het skoonskip gemaak. 0/14a wen 19-12,o/14b 33-12. 0/15a wen naelskraap 13-12 en o/15b speel gelykop.
Die Rassie eerstespan verloor 17-21 maar die afrigters is van mening dat hulle spelers fantasties gespeel het – ware rugby en dit sonder van hulle sleutelspelers soos Pieter du Plessis, Johan Ross en Charl Louw. Die Rassies se tweede span en o/16 verloor ook.
Die Rassie netbal het alles gewen! Die eerstespan wen 30-9, tweedes 15-1, o/16 26-4 en o/14 15-2.

 

 

 
 

Barbara Emslie speel met mening.

GP du Preez(0/14) kan nie net swem nie, hy druk ook drieë!

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube