<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Stoeiers presteer goed by kragmeting

 
Sport : 30 Apr 2015 85 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Vier stoeiers van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het die afgelope naweek aan die Mpumalanga Stoei Ope teen 780 stoeiers meegeding en uitstekend presteer.
Juan de Beer en Rosie Pieterse het elk ’n silwermedalje verower. Monique Venter het skitterend gevaar en ’n Goue medalje opgeraap. Venter gaan eersdaags die o/17 Kadette Protea span  in Egipte verteenwoordig en is ook op die stoei program geplaas vir deelname aan die 2020 Olimpiese Spele.
Nolene Jonker was genoop om te onttrek tydens die kompetisie weens ’n ribbesering.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube