<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies se perdry pret

 
Sport : 15 May 2015 131 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Die Rassie ruiters het weer baie suksesvol gevaar in die derde en voorlaaste kwalifiserende rondte van die “South African National Equestrian School Association” wat vanaf 8-10 Mei plaasgevind het in Vivo.
SW Liversage wen vyf eerste plekke vir Spring, Equitation, Working Hunter en Extreme Equitation. Carli Liversage wen drie eerste plekke vir Dresser en Extreme Equitation, twee tweede plekke vir Working Hunter , Spring en Extreme Equitation en een derde plek vir Dresser. Marnique Gadda wen eerste plek vir Equitation, ‘n tweede, derde en vierde plek.
Kompetisie was uiters straf want daar was ongeveer 125 hoërskole en 163 laerskole wat deelgeneem het! Hoërskole wat deelneem bestaan uit onder andere: Bataleur’s Rest Home School, Marn Ebersohn Akademie, Hoërskool Louis Trichardt, Mitchell House College, Hoërskool Eric Louw, Mokopane Academic School of Excellence, Hoërskool Warmbad, Hoërskool Merensky, CVO Skool Vivo, Ridgeway College, Hoërskool Ellisras, Curro Heuwelkruin College en Hoërskool Pietersburg.
HIerdie perderuiters het ‘n streng daaglikse program en ‘n afrigter wat van Polokwane af kom om die ruiters voor te berei. Die laaste kompetisie vind plaas 15-16 Augustus in Polokwane.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube