<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

100 spelers by kerk gholfdag

 

Pottie Potgieter en Freddie van Wyk spog met tweede plek wat hulle tydens die AGS Groeipunt Gemeente se jaarlikse Gholfdag behaal het. Heel regs, Martin McKenzie, die kerk se verteenwoordiger. 

Sport : 01 Jun 2015 53 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Niks minder as 100 gholfspelers het die AGS Groeipunt Gemeente se jaarlikse gholfdag verlede Saterdag op die Kameeldoring Buiteklub se gholfbaan ondersteun. “Dit was ’n aansienlike groei in vergelyking met vorige jare se opkoms,” het pastoor Richard Vigus baie dankbaar na afloop van die gholfdag tydens die prysuitdeling gesê. 
Die wenners van die gholfdag met 49 punte was Tony Hawken and Shaun McGrath. Kort op hulle hakke met 48 punte was Freddie van Wyk en Pottie Potgieter en in die derde plek met 47 punte was Keith Freeman en Keagen Ross. 
Naaste aan die pen op putjie 3 was Benjamin Bopape. Naaste aan die pen op putjie 6 was Koos Meyer. Naaste aan die pen op putjie 13 was H. Nel en naaste aan die pen op putjie 17 was Tony Hawken. 
Die kerk het hulle opregte dank uitgespreek teenoor al die borge wat tot die gholfdag se sukses bygedra het.

 

 

 
 

Keagen Ross en Keith Freeman het die derde plek ingeneem na hulle kragte gemeet het by die AGS Groeipunt Gemeente se gholfdag verlede Saterdag.  

 Die wenners van die AGS Groeipunt Gemeente se jaarlikse gholfdag, Tony Hawken en Shaun McGrath. By hulle in die middel, Martin McKenzie as verteenwoordiger van die AGS Groeipunt Gemeente.

 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube