<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Klein man slaan ’n barshou!

 

Janco Abrahamse van Mokopane is net 8-jaar-oud en reeds ’n aktiewe klein sportman wat sy storie op die muurbalbaan ken. Hy is onlangs gekies as ’n lid van die o/11 Gauteng muurbal span. 

Sport : 04 Jun 2015 116 Viewed 0

MOKOPANE – Agt-jarige Janco Abrahamse is ’n raakvatter op sportgebied en is sy ouers se trots. Hy is onlangs gekies om die o/11 Gauteng muurbalspan in Parkview by ’n geslote muurbal toernooi te verteenwoordig.
Die toernooi is op 22 Mei gehou en Janco het behoorlik sy staal gewys.
“Nou is dit baie harde werk en oefen, oefen en oefen,” het sy ma, Lezanne Abrahamse, in haar skik gesê. Dié jong sportman is ook gekies vir die Interpersonal Perception Tasks (IPT) span, wat beteken hy gaan teen die beste muurbalspelers meeding. G’n wonder Janco is vierde ingedeel uit 15 spelers.
Janco se afrigter, sy pa Robert, is self ’n briljante muurbalspeler en reken sy seun het ’n onblusbare liefde vir dié sport.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube