<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rassies draf Tom Naudé kaf

 
Sport : 04 Jun 2015 419 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Tegniese Hoërskool Tom Naude van Polokwane het hulle rieme styf geloop in Ellisras tydens ‘n rugbydag Saterdag, 30 Mei.
Gesien in die lig dat Tom Naude as ‘n groot skool gereken word en EHS medium, is die uitslae fantasties. Al die Rassies se spanne wen behalwe die tweede span wat naelskraap verloor met 5-7. Die Rassies se o/14 span wen 29-19, o/15 wen 39-5, die o/16’s wen 28-7 en die Rassies se eerste span wen oortuigend met 25-12.
Die Rassies se eerstespan se drieë word gedruk deur Reinhardt van Greuning, Johan Pitout en Daantjie Johnson. Al die afrigters is baie tevrede met hulle spanne wat pragtige hardloop-rugby gespeel het.
Hierdie Saterdag speel die Rassies teen Hoërskool Piet Potgieter in Ellisras.

 

 

 
 

Hierdie is ‘n familiesaak. Twee nefies aan die kant: Pieter du Plessis, Albert Williams en Stephan van Emmenis

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube