<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Spring en tuimel

 

Gimnaste van TEN Potgietersrus wat uitsonderlik presteer het by ‘n onlangse trampolien kompetisie. Voor, Jacques van Bommel. Agter, Wihan Strauss en Cecilia Engelbrecht.

Sport : 04 Jun 2015 149 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Drie trampolienspringers van TEN Potgietersrus Trampolienklub het op 8 Mei aan ‘n TUKS trampolien kompetisie in Pretoria deelgeneem en uitsonderlik presteer.
Hulle uitslae is soos volg:
Cecilia Engelbrecht het twee Goue medaljes verower in beide haar deelname aan Eurotramp vir dogters, 15 jaar en ouer, vlak 4 en Double Mini vir dogters 15 jaar en ouer, vlak 4.
Wihan Strauss het ook ‘n Goue medalje verower. Dit is vir sy deelname aan Eurotramp vir seuns, 15 jaar en ouer, vlak 4. Strauss raap ook ‘n silwermedalje op in Double Mini vir seuns 15 jaar en ouer, vlak s.
Jaqcues van Bommel spog met ‘n bronsmedalje in Double Mini vir seuns 11 tot 12 jaar, vlak 2. Dié gimnas het ook ‘n sesde plek behaal vir sy deelname aan Eurotramp vir seuns 11 tot 12 jaar, vlak 2.
Die gimnaste se afrigter, Willem Engelbrecht het hulle gelukgewens.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube