<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
Ellisras presteer by Bray July wedrenne

Leandri du Plessis, 'n Graad 9 leerder aan Hoërskool Ellisras behaal 'n tweede plek in die 400m en 'n eerste plek in die 1 000m met die perd Vlam. Sy het ook 'n vyfde plek behaal met Lasanadora.

Sport : 03 Jul 2015 487 Viewed By Amanda Basson 0

BRAY – Twee jokkies van die Mogolklub Perdry Sub-seksie het verlede naweek deelgeneem aan die jaarlikse Bray July Bosresies in Noordwes.

Leandri du Plessis, 'n Graad 9 leerder aan Hoërskool Ellisras behaal 'n tweede plek in die 400m en 'n eerste plek in die 1 000m met die perd Vlam. Sy het ook 'n vyfde plek behaal met Lasanadora.

Dawie Jacobs is die eienaar van albei perde en Leandri se afrigter is Jannie
Pistorius.

Willy Rutherford, ‘n voltydse werker by die perdekamp en jokkie vir Olivia Dickenson (HNP stalle), behaal ‘n eerste plek in die 400m en ‘n tweede plek in die 1 100m met Billy Jean. Hy kom ook vyfde in die 2 000m hoof resies met Silver Specialist.

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
Facebook Twitter Youtube