<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Stoei afrigter praat oor sy passie

 
Sport : 13 Jul 2015 138 Viewed 0

MOKOPANE - Japie Snyders van Bosveld Stoei Akademie sê hy is nie net ‘n gewone stoei afrigter nie. Sy passie vir sport in die algemeen het hom ‘n ontwikkelings program op die been laat bring.
Dié program, sê hy, is daargestel om kinders intensief te laat ontwikkel in enige sportsoort. Die program se naam is LTAD wat staan vir Lang Termyn Atleet Ontwikkeling. Snyders se opleiding vir kinders vanaf vier jaar en ouer behels die volgende:
Verbetering van hand en oog koördinasie, handhawing van balans, long- en spier ontwikkeling, fyn motories ontwikkeling, toepassing van krag en ontwikkeling van refleksies, riglyne vir ‘n beter postuur en soepelheid, handhawing van dissipline en vele meer. 
Snyders verduidelik mense het 48 vaardighede wat bemeester kan word waarvan die bogenoemde vaardighede slegs ‘n handjie vol is.
“Met die program bewerk ons al die vaardighede en bemeester dit. Oefeninge word spesifiek in stoei formaat gedoen aangesien normale oefening in laasgenoemde sport 36 van die mens se 48 vaardighede ontwikkel,” verduidelik hy.
”Die ontwikkelingsprogram strek oor ‘n lang termyn omdat vaardighede volledig ontwikkel word in sekere fases van ‘n mens se lewe. Indien dit nie ten volle ontwikkel word nie, kan ‘n mens se longe byvoorbeeld nooit tot hul maksimum gebruik word nie,” sê Snyders en hy noem dat die ontwikkeling van vaardighede juis een van die areas is waarop hy tydens opleiding fokus. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube