<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Helpende Hand druk 'n drie by Bokkieweek

 

Van links, Henriette Williams, Takvoorsitter, Solidariteit Helpende Hand Mokopane, Franco Hendriks, Eulogia de Wet en Valerie van der Walt.

Sport : 13 Jul 2015 170 Viewed By Press Release 0

Solidariteit Helpende Hand se Mokopane-tak het hand bygesit deur hom te borg vir 'n week by 'n gesogte rugbytoernooi. Die AVS Winter Bokkieweek vind jaarliks in die Julie-vakansie plaas. Slegs 'n handjie vol seuns vanuit verskillende skole word gekies om dit by te woon. Hendriks maak deel uit van die Mokopane-tak se Bemagtig-'n-kind-projek. Die tak hoop om aan Hendriks die geleentheid bied om deel te hê aan iets groter as hyself. 
Dit is slegs een van die Mokopane-tak se projekte. Hul groot doel is om baie meer sulke kinders te kan help. “Ons benodig hulp van die Mokopane-gemeenskap,” sê Hendriette Williams, takvoorsitter by Helpende Hand se Mokopane-tak. “Enigiemand van buite wat graag hierby wil betrokke wil raak, is ook welkom. Ons het kleuters wat geborg moet word vir kleuterskool en graad R, sportaangeleenthede, toere, veldskole en vele meer. Op ons eie kan die tak net 'n handjie vol van die kinders help.”
Solidariteit Helpende Hand is ’n nasionale organisasie sonder winsbejag wat fokus op die voorkoming, verbreking en verligting van armoede. Vir meer inligting oor Helpende Hand of om by die Mokopane-tak betrokke te raak, kontak Henriette Williams by 084 836 0005.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube