<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS se groen masjien is gereed

 

Arno Barnard ontvang sy trofee man van die wedstryd by sy afrigter mnr. Eddie Elmes.

Sport : 30 Jul 2015 285 Viewed By Fransa de Beer 0

LEPHALALE - Die o/15 Ellisras Hoërskool (EHS) rugbyspan moes Saterdag teen Hoërskool Piet Potgieter (HPP) uitspeel om as Limpopo wenners (medium skole) uit die stryd te tree.
Na 'n titaniese stryd het die Rassies met 16-12 geseëvier en Arno Barnard is aangewys as man van die wedstryd. Die hoof, Louis Campbell, het die manne geprys tydens Maandag se saal opening en gesê hulle het soos een man gespeel.
 Die span rus nou vir ‘n naweek voor hulle teen ‘n skool wat nog bepaal moet word, op tuisgrond, in die kwart einde van die Beeldtrofee sal speel.
Die Rassies se o/16 rugbyspan
speel hierdie Saterdag uit teen Lowveld HIgh School van Mpumalanga, op tuisgrond, om te kwalifiseer vir die kwart einde van die Beeld trofee. Die o/16’s van EHS is Limpopo naaswenners in die mediumskole afdeling.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube