<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tuks swemmers blink uit

 

Regs bo: Tuks Mokopane Swemklub se junior aflosspan, van links, Ruard Nel, Pietie Vogel, Ruben Glover en Xander Glover spog met ’n Goue- en silwermedalje wat hulle by die onlangse Kwa- Zulu Natal Prestige gala in Durban verower het

Sport : 30 Jul 2015 355 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Tien swemmers van Tuks Mokopane Swemklub het vanaf 7 tot 11 Julie aan die KwaZulu-Natal Prestige Gala in Durban deelgeneem waar die aflos span bestaande uit Pietie Vogel, Ruben Glover, Ruard Nel en Xander Glover vir hulleself goud verwerf het in die 4x100m vryslag aflos. Dieselfde spannetjie het ook silwer verwerf vir die 4x50m wisselslag aflos.
In húlle aflos het Morné van der Bank, Danré Grové en Raymond Kockott hulle persoonlike beste tye geswem in die 4x100m vryslag aflos en het elkeen ’n silwermedalje opgeraap. Van der Bank en Grové het ook deurgedring na die finale toe.
Al die swemmers wat aan die gala deelgeneem het, is Morné van der Bank, Danré Grové, Raymond Kockott, Pietie Vogel, Ruben Glove, Ruard Nel, Xander Glover, Jeska Tiersma, Karla Vogel en Carla Nel.

 

 

 

 
 

Ruard Nel in aksie.

Tuks Mokopane Swemklub se senior aflosspan, van links, Pieter de Beer, Danré Grové, Morné van der Bank en Raymond Kockott wat tydens die onlangse Kwa-Zulu Natal Prestige Gala in Durban uitstekend presteer het.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube