<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rolbalklub vereer bestes

 
Sport : 30 Jul 2015 108 Viewed By Martie Le Grange 0

~~MOKOPANE - Die jaarlikse prysuitdeling van die Potgietersrus Rolbalklub is verlede Donderdag by die rolbalklub gehou. Rolbalspelers in hulle onderskeie afdelings is by hierdie geleentheid vereer vir hulle prestasies oor die afgelope jaar.
Spelers se prestasies word by foto byskrifte aangedui.

 

 

 
 

Die klub se bestuurslede voor van links: Urma Prinsloo (klub sekretaresse), Dewald de Beer (klub president) en Elra van der Walt (spyseniering koördineerder). Agter van links: James Steele (kompetisie sekretaris), Tjaart van der Merwe (vise-president en ontwikkelingsbeampte) en Klasie Le Roux (tesourier).

Urma Prinsloo was ook die Victrix Ludorumvir die jaar.

Die 2-bal gemengde pare wenners is aan Blackie Swart en Urma Prinsloo toegeken. Prinsloo ook die Victrix Ludorum. Sy het die afgelope jaar die meeste klub kompetisies gewen.

Dewald de Beer en Rienie Dekker word vereer as die 2x4 gemengde pare wenners.

Die mans enkel klubkampioen titel is aan Dewald de Beer toegeken. Bessie de Beer oorhandig sy trofee.

Bessie de Beer is aangewys as die dames enkel klub kampioen. De Beer is ook saam met James Steele as die gemengde pare wenners aangewys.

Lida Steele is ook as die klub se 2-bal dames enkel wenner aangewys.

Tjaart van der Merwe is vereer as die klub se 2-bal mans enkels wenner. Hy word gelukgewens deur Bessie de Beer en James Steele.

Die dames pare wenners behoort aan Linda Smit (heel links) en Lida Steele. Steele is ook as die klub se 2-bal dames enkel wenner aangewys.  By hulle is Bessie de Beer en James Steele.

Bessie de Beer, vroue president van die Potgietersrus Rolbalklub, wens vir Hennie Smit geluk as een van die die gemengde pare mans wenners.  Antonie Abrahamse wat dié toekenning met Smit deel was afwesig. Regs is James Steele, die klub kompetisie sekretaris.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube