<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gewilde jukskei toernooi op eie bodem

 
Sport : 28 Aug 2015 178 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Die Tarentale Jukskei Klub het op 15 Augustus ‘n geslaagde jukskei dag aangebied. Dié toernooi het 34 spanne in ‘n driespel laat kragte meet.
Die volgende spanne het met pryse weggestap: In die A-Liga het “Al Drie” se span van Gauteng koning gekraai. Centurion se span van Pretoria het die tweede plek opgeraap en die derde plek behoort aan die Reds van Pretoria.  Die B-Liga se wenspan is van Modimolle. Thabazimbi se span is tweede en die Impala span van Nigel is derde. Mookgophong se span is die wenners in die C-Liga. Die Waterberg span van Modimolle is tweedeen Louis Trichardt se Soutpan span het derde geeïndig.
Die Tarentale Klub het hul borge bedank vir ‘n suksesvolle toernooi.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube