<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Poging om motoriste te beveilig

 

MOKOPANE – Waarskuwingsborde sal bydra tot motoriste se veiligheid nadat daar gevaarsones in die drop uitgewys is wat deur misdadigers geteiken word.

Sport : 28 Aug 2015 102 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Waarskuwingsborde sal bydra tot motoriste se veiligheid nadat daar gevaarsones in die drop uitgewys is wat deur misdadigers geteiken word. Die Mokopane Besigheidskamer se visevoorsitter, Andy Goetsch, asook Marcelle Maritz, ‘n prominente leier in Mokopane, het onlangs saam met Tricor Signs gewerk om sigbare waarskuwingsborde aan te bring. Dit volg nadat Maritz met verskeie motoriste wat onder misdadigers deurgeloop het opgevolg het om die areas te identifiseer. “Dit is belangrik vir die gemeenskap om veilig te voel en ons is dankbaar teenoor Tricor Signs vir hul borgskap,” sê Maritz. Hier is Maritz saam met Tricor se verkoopsverteenwoordiger, Lucy Human, Jonas Mokaba en Abel Ndlovu. Andy Goetsch, visevoorsitter van die Mokopane Besigheidskamer vergesel hulle.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube