<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gimnaste is Bosveld se trots!

 

SWARTWATER - Die gimnaste van die Swartwatergimnastiekklub het, onder leiding van afrigter Yolande Vos en hulpafrigter Lynnie Roux, puik prestasies behaal as lede van die vlak 1-3 Limpopospan wat deelgeneem het aan die onlangse North Zone gimnastiekkampioenskappe van die SAAGF in Kempton Park.

Sport : 10 Sep 2015 172 Viewed By Press Release 0

SWARTWATER - Die gimnaste van die Swartwatergimnastiekklub het, onder leiding van afrigter Yolande Vos en hulpafrigter Lynnie Roux, puik prestasies behaal as lede van die vlak 1-3 Limpopospan wat deelgeneem het aan die onlangse North Zone gimnastiekkampioenskappe van die SAAGF in Kempton Park.
Silwer medaljes is verower deur Carla Booyse,
Mart-Mari du Preez, Lisa O’Neill, Marnus van Greunen. Goue medaljes is ingepalm deur Annemie en Carike Nel, Sumarie Booyse, Ilmari van Greunen, Lara van Staden, Zane Janse van Vuuren (algehele tweede plek, vlak 2), Leane Botha (algeheel eerste plek, vlak 3), Reino
Jonker, Stefanus Malan, Nick en Juan Jones, Jadrin van Blerk (algeheel derde vlak 3) en Ruan Botha (algeheel derde vlak 3).
Die gimnaste is almal leerders van Laerskool Unitas op Swartwater.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube