<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Skole pak bergfietswedren aan

 
Sport : 10 Sep 2015 123 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE - Die adrenalien het behoorlik gepomp by die afgelope naweek se skole fietswedren wat deur die Mokopane Fietsryklub by die Wildteëlsentrum gehou is.
Mokopane fietsryers vir beide Laerskool Krugerpark en Hoërskool Piet Potgieter het volgens die Mokopane Fietsryklub uitstekend gevaar in die Tour de Pot wedren (XCO skole reeks). Fietsryers het in baie moeilike omstandighede die baan aangedurf. ”Die baan was nat en modderig en ons kinders het behoorlike hulle staal gewys,” sê die klub.
Die organiseerders het hulle dank uitgespreek teenoor Debtsafe as hoofborg van die wedren, afrigters Hein du Plessis, James van der Merwe en aan elkeen wat hulle ondersteuning ten opsigte van die wedren gebied het. Elke fietsryer is ook in besonder bedank vir hulle deelname.
Die uitslae vir seuns en dogters in hulle onderskeie kategorieë is soos volg:
Marilie Nel en Antony Clayton het die Nippers afdeling gewen terwyl Jani Jordaan en Joshua Baber die Sprog afdeling wenners is.
Emma van Coller en Arno Smit dra die kroon vir die Sub Junior afdeling en Reese Bain en Richard Lambert wen die jeug kategorie.
Die junior afdeling is gewen deur Annelize Mentz en Kombo Bere.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube