<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

HPP sewes wen plaat finale

 

Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se o/15 sewes rugbyspan het op 11 en 12 September by Voortrekkerhoogte deelgeneem aan ‘n sewes toernooi en het as die plaat finale wenners uitgetree.

Sport : 23 Sep 2015 151 Viewed By Martie Le Grange 0

Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se o/15 sewes rugbyspan het op 11 en 12 September by Voortrekkerhoogte deelgeneem aan ‘n sewes toernooi en het as die plaat finale wenners uitgetree. Hulle uitslae in die onderskeie wedstryde is soos volg: HPP seëvier met 24 – 7 teen Hoërskool Helpmekaar.  Simpiwe Tjale is die speler van die wedstryd. HPP het in nog ‘n poging vir Hoërskool Sutherland vermorsel met ’n puntetelling van 50-0. WC van Staden is die speler van die wedstryd. William Mohlaloga is die speler van die wedstryd toe HPP sy mededinger (Hoërskool Overkruin) die stryd aansê met ’n briljante 43-0. In die beker kwart-eind het HPP egter verloor teen Menlopark wat hulle 14 – 15 geklop het. Rucardo Kruger is die speler van die wedstryd.
In die plaat semi-finaal wen HPP teen Centurion met 14 – 5. Junior Mnisi is die speler van dié wedstryd. HPP het ook die plaat finaal teen Hoërskool Oos-Moot kafgedraf met ’n puntetelling van 19-5. David Human is die speler van die wedstryd. In die foto is die span en afrigter, Renier Labuschagne. 
 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube