<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Duiwe met wenbloed

 

Tiaan Marais.

Sport : 23 Sep 2015 196 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE - Tydens die Sportman Amateur Posduifklub (SAP) se duiwe wedvlug die afgelope naweek het Tiaan Marais weereens bewys sy duiwe het wen bloed. Marais se duiwe het beide die jaar-oud sowel as die ope wedvlugte gewen.
Die jaar-oud wedvlug vanaf Kimberley strek oor ’n afstand van 661km en vanaf Britstown oor ’n strawwe afstand van 896km. Die wedvlugte het in ’n oornag stryd ontaard en die duiwe het eers vanaf 7:00 Saterdagoggend by hulle hokke begin aankom.
Die wedvlugte se uitslae is soos volg:
Die wenduif in die jaar-oud wedvlug behoort aan Tiaan Marais. Marais se duiwe kom ook sesde, negende, elfde en twaalfde in dié wedvlug. Johan van Zyl se duiwe kry ’n tweede, derde, vierde, sewende, agtste en veertiende plek. Barend van Biljon is die eienaar van die duif wat vyfde ingeklok het en Louis Rossouw is die eienaar van die duiwe in die tiende en dertiende plek.
Die wenduif en die duif in die tweede plek in die ope wedvlug behoort ook aan Tiaan Marais. Nog ses van Marais se duiwe klok in onder die eerste 18 plekke. Duiwe in die derde, vierde, vyfde en agste posisie behoort aan Johan van Zyl. Die Engelbrecht hokke se duif klok negende in en Louis Rossouw s’n is tiende en veertiende. Duiwe in die elfde, vyftiende en sestiende posisie behoort aan Barend van Biljon.
Die volgende wedvlug, die wyfie- en mannetjie kampioenskap is die laaste van die seisoen en duiwe word vanaf Springfontein losgelaat waar hulle ’n afstand van 744km gaan aandurf. Duiweboere het reeds begin om stoet pare bymekaar te sit en daar word ywerig aan aanstaande jaar se “wenners” geteël.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube