<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

MGA gimnaste ding nasionaal mee

 

Josua van der Merwe, Luan du Plessis, Richard Marshall (afrigter), Marinda Marshall (afrigter), Samuel van der Merwe, Juandré Ruytenberg. Voor: Lesedi Mashishi, Shani Dreyer en Melody Raats. Afwesig: Louis Boshoff.

Sport : 15 Oct 2015 719 Viewed By Press Release 0

ELDORAIGNE PARK – Sowat 2 800 van die land se beste gimnaste het verlede week aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Kampioenskappe deelgeneem by die Matsport Centre in Eldoraigne Park, Centurion. Nege gimnaste van die Marshall Gymnastics Academy (MGA) in Mokopane het as lede van die Limpopo-span gaan deelneem.
“Die SA’s is 'n puik afsluiting na ‘n goeie jaar vir ons gimnaste,” sê Richard Marshall van MGA. “Die hoeveelheid gimnaste in die onderskeie dissiplines het toegeneem en is bewys dat gimnastiek as sport groei.”
Die plaaslike gimnaste het hul goed van hul taak gekwyt en die uitslae was soos volg:
Josua van der Merwe (vlak 4, 13-17 jaar) het die top 20 gehaal vir sy vloer roetine. Luan du Plessis (vlak 4, 13-17 jaar) het die top 20 gehaal vir die rekstok roetine. Samuel van der Merwe (vlak 6, 14-17 jaar) was sesde op die vloer, eerste by die spronge, sesde op die brug, tiende op rekstok en algeheel tiende). Juandré Ruytenberg vlak 5, 13-14 jaar) was vyfde op die beulperd, tiende op die ringe, tweede by spronge, tweede op die brug, tiende op die rekstok en algeheel sewende – hy is ook die beste Limpopo gimnas in sy kategorie gewees. Louis Boshoff (vlak 5, 15-17 jaar) was sesde op die vloer, vyfde op die beulperd, sesde op ringe, sesde by spronge, vierde op die brug, sewende op rekstok en het algeheel vyfde plek behaal.
Melody Raats (vlak 4, 11 jaar) het die top 20 gehaal vir haar balk roetine en was ook die beste Limpopo gimnas in haar kategorie. Shani Dreyer (vlak 5, 13 jaar) en Lesedi Mashishi (vlak 4, 10 jaar) het ook Limpopo by die kampioenskappe verteenwoordig.
Afrigters Marinda Marshall en Richard Marshall het die gimnaste bedank vir hul harde werk die afgelope jaar. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube