<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Stoeiers sprei hul vlerke

 

Monique Venter het aan die Afrika Kadet Stoeikampioenskappe in Egipte asook die Kadet Wêreld Stoeikampioenskappe in Bosnië deelgeneem.

Sport : 15 Oct 2015 170 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Twee Mokopane stoeiers het onlangs hul vlerke gesprei en teen die beste stoeiers in die Kadet Wêreld Stoeikampioenskappe in Bosnië meegeding.
Marie Oosthuizen, onder leiding van Japie Snyders, en Monique Venter, onder leiding van Danie Venter, by Potgietersrus Stoeiklub getuig van ‘n onvergeetlike ervaring wat hulle paaie gekruis het tydens hulle reis.
Beide stoeiers het hulleself eers by die Kadet Afrika Stoeikampioenskappe in Egipte vroeër vanjaar bewys deur onderskeidelik ‘n goud- en bronsmedalje te verower.
Oosthuizen se kragmeting teen Japan in die tweede rondte van die wêreld kampioenskappe word beskryf as ’n goeie aanval alhoewel haar opponent se goeie verdediging en teenaanvalle teen Oosthuizen gesorg het vir ’n 10-0 in Japan se guns.
Dié stoeier sê dit was vir haar ’n openbaring om die wêreld se beste stoeiers bymekaar te sien. “Dit was interessant om te sien wat ander lande vir hulle stoeiers en sport manne en vroue doen. Ek is nou meer ervare en sien uit na volgende jaar se stoei,” sê Oosthuizen.
Venter het ’n 19de plek uit 28 deelnemers in haar gewig by die wêreld kampioenskappe behaal.

 

 

 
 

Marie Oosthuizen by die onlangse Kadet Afrika Kampioenskappe in Egipte.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube