<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Springbok hengelaar wen Bonanza

 

DOORNDRAAI – ’n Springbok hengelaar, Andre Potgieter, het die eerste prys van R50 000 opgeraap met ‘n 13.88kg Karp by die AP Kerk Potgietersrus se jaarlikse Doorndraai Dam Bonanza wat verlede Vrydag en Saterdag aangebied is.

Sport : 29 Oct 2015 204 Viewed 0

DOORNDRAAI – ’n Springbok hengelaar, Andre Potgieter, het die eerste prys van R50 000 opgeraap met ‘n 13.88kg Karp by die AP Kerk Potgietersrus se jaarlikse Doorndraai Dam Bonanza wat verlede Vrydag en Saterdag aangebied is.
Sowat 200 inskrywings is ontvang en hengelaars van regoor Limpopo het kom deelneem aan die vier-spesie visvang
kompetisie.
Die wenner in die Junior Hengelaar afdeling was Armand Pienaar, ‘n leerder van Laerskool Krugerpark, wat ’n 1.33kg Swartbaar gevang het (sien foto regs onder).
Louis Kruger (foto regs) het die swaarste Swartbaar vir die dag gevang (2.22kg).
Die swaarste kurper was 0.48kg (W.van Wyk) en die swaarste baber was 6.3kg gevang deur J. Henderson.
Die AP Kerk Potgietersrus bedank al hul borge asook Twin Series vir hul betrokkenheid by die hengelkompetisie (spesiale dank aan Shonalanga Milling wat die
junior hengelaar se prys geborg het).

 

 

 
 

Die wenner in die Junior Hengelaar afdeling was Armand Pienaar, ‘n leerder van Laerskool Krugerpark, wat ’n 1.33kg Swartbaar gevang het.

Louis Kruger het die swaarste Swartbaar vir die dag gevang (2.22kg).

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube