<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gimnaste beloon vir die jaar se werk

 
Sport : 12 Nov 2015 209 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE -Die Marshall Gimnastiek Academy (MGA) het verlede Vrydag hul prysuitdeling gehou. “Hierdie jaar was ‘n jaar vol uitdagings vir die gimnaste en ons sien uit om nuwe hoogtes te bereik in 2016,” het MGA se hoofafrigter en bestuurder, Richard Marshall, gesê.
Verskeie pryse is uitgedeel, onder meer die beste gimnaste in elke afdeling, die beste vordering asook spesiale pryse vir die gimnaste wat hul hart en siel in hul oefening insit.
Die uitslae was soos volg:
Vlak 1 se beste gimnas was Keanu Potgieter (Keanu was 12de by die North Zone kompetisie), terwyl Zahraa Cassim die beste vordering getoon het. Vlak 2 se beste gimnaste was Miqayla Venter (Miqayla was vyfde by North Zone) en Tyron Jordaan. Beste vordering het aan Angelique Nelson gegaan. Vlak 3 se beste gimnas was Chené Goosen en Danyell Swanepoel het die beste vordering getoon.
Melody Raats en Josua van der Merwe was die beste gimnaste in vlak 4. Melody was die beste Limpopo gimnas in haar ouderdomsgroep en het ‘n top 20 plek behaal vir haar balk roetine by die Suid-Afrikaanse Nasionale Gimnastiek kompetisie, terwyl Josua die top 20 gehaal het vir sy vloer roetine. Luan du Plessis het die beste vorderinge getoon en het top 20 in sy rekstok roetine by die nasionale kompetisie behaal.
In Vlak 5 was die beste gimnaste Shani Dreyer en Louis Boshoff (Louis was vyfde by die nasionale kompetisie). Samuel van der Merwe was die beste vlak 6 gimnas en en het 10de plek verower by die nasionale kompetisie.
By die ritmiese afdeling is Suné Janse van Rensburg die beste gimnas en Chanelle Hamilton het die beste vordering getoon.
MGA bied aan ouers ’n gratis evaluasie les op Dinsdae om 14:00 by die RET Centre op die hoek van Geyser en Fourie straat. Die klub sluit 18 November en sal weer in Januarie 2016 oopmaak. Kontak Merene vir  inligting by
079 217 8410.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube